Dewalt le Roux, Nic de Beer, Morney Kleinhans, Armand Venter en Dian Schnetler. Foto: Verskaf

‘n Aantal boogskuts van die Hoërskool Merensky het Saterdag die 29ste en Sondag die 30ste Mei op Phalaborwa aan die Limpopo-Noord se provinsiale veldkampioenskap deelgeneem.

Morney Kleinhans het in die kol gekorrel met sy deelname by hierdie kampioenskap wat deur die Mopanie Boogskietklub aangebied is. Dié Plasie-skut het ‘n goue medalje verower en sodoende daarmee gekwalifiseer vir provinsialeasook nasionale deelnames.

Heelwat van Merensky se ander deelnemende skuts het ook hul teenstanders ore aangesit met hul skietvernuf om sodoende met medaljes terug te keer. Armand Venter het ‘n silwer medalje verdien wat hom vir twee provinsiale geleenthede laat kwalifiseer het.

Venter se spanmaat, DeWalt le Roux, het ook met ‘n silwer medalje weggestap. Nic de Beer en Dian Schnettler verdien ook melding vir hulle deelname wie goeie rekening van hul skiettalent gegee het. Beide skuts het bronsmedaljes verwerf. Volgens die Hoërskool Merensky se bemarkingsbestuurder, Louis du Preez, gaan die volgende binnenshuise kompetisie op die 12de en 13de Junie in Kemptonpark plaasvind.

>