Rachel Van der Linde, Sharon Campbell en Linda Pieters was die wenners van die drie-spel formaat rolbalkompetisie by die Eiland Spa Rolbalklub. Agter die spelers is Adri Kruger van Tzaneen Country Lodge wat die geleentheid met pryse ondersteun het. Foto: Verskaf

Die Eiland Spa Rolbalklub het Saterdag die 15de Mei vir ‘n tweede week agtereenvolgens ‘n borgdag aangebied. Hierdie geleentheid was in ‘n drie-spel formaat gespeel en die pryse was deur Tzaneen Country Lodge geborg.

Die span bestaande uit Rachel van der Linde, Sharon Campbell en Linda Pieters het uiteindelik hierdie drie-spel kompetisie gewen. In die tweedeplek was die span van Tulli de Beer, Charl Botes en Cliff Hartman. Callie Prigge, Wilma Beukes en Lenie Visagie was die span wat derde geëindig het.

Rolbalspelers en ander belangstellendes wie graag meer te wete wil kom oor die Eiland Spa Rolbalklub kan gerus die klub se skakelbeampte, Karen Kruger, by 072 876 1246 skakel.

>