Tekkie Dag by Duiwelskloof Rolbalklub. Foto's: Roelof de Jonge

Die rolbalklubs van die omgewing was die afgelope tyd ‘n miernes van bedrywighede met klubligawedstryde en sosiale rolbalgeleenthede wat aan die orde van die dag was. Op Dinsdag die 27ste April op Vryheidsdag, het die kollig op Duiwelskloof Rolbalklub geval met sowat 27 spanne wat die Tekkie Dag gelok het.

Hierdie Tekkie Dag was op dieselfde konsep as die besigheidsrolballiga gegrond, al verskil is dat hierdie samekoms op ‘n enkele dag beslis is instede van om weekliks plaas te vind. Nietemin het hierdie Tekkie Dag heelwat belangstelling en ondersteuning van besighede in die omgewing ontvang.

Die span van Willie Jonker was uiteindelik die wenners met die span van Lizel’s Hair Design wat die tweedeplek beklee het. Die ZZ2-span van Jan Bekker was derde algeheel met die spelers van Spies en Vennote wie in die vierdeplek geëindig het.

>