Peter Mogale. Foto's: Roelof de Jonge

Die Tzaneen Rolbalklub is sedert die verslapping van die Covid-19 veiligheidsmaatreëls ‘n miernes van bedrywighede. Elke Donderdagaand vir die afgelope paar weke het spanne van ondernemings in en om Tzaneen hierdie rolbalklub goed ondersteun.

Wells Payne.

Daar is altesaam 28 spanne wat aan vanjaar se besigheidsliga deelneem. Die afgelope naweek was Tzaneen Rolbalklub se gemengde driespel klubkampioenskap beslis. Sakkie Theron, Joan Bisset en Peter Mogale het as die wenspan uit die stryd getree.

Stoffel Vermaak met Wells Payne agter hom.

Die topspanne in Tzaneen Rolbalklub se besigheidsliga is in ‘n nou stryd gewikkel met net nog die eindrondte wat wat voorlê om vanjaar se wenners te bepaal. Dus sal die spelers hul beste voetjie moet voor sit om met die kroon weg te stap. In die jongste puntestand geniet die Elbow Rockers-span nouliks die voortou met 40 punte.

Sakkie Theron.

Kort op hul hakke is die span van AGD 2 met 38 punte. Die span van Tzaneng Trusses 1 is tans derde met 35 punte, maar gaan alles in die stryd moet werp vir die eindrondte as hulle die ander spanne agter hulle wil verhoed om hul verby te steek. Die Bosbok Kroeg-span, gelykop met 35, beklee die vierdeplek. In die vyfdeplek met 34 punte is die spelers van HI-Q gevolg deur die span van Thomas en Swanepoel 2 in die sesdeplek wat ook 34 punte het.

Sakkie Theron en Alwyn Venter.

Hierdie week (Donderdag 22ste April) was die eindrondte beslis en Bulletin sal in die volgende uitgawe die wenners bekend maak.

Koos Luyt en Adriana Jacobs.
Joan Bisset en Adriana Jacobs.
Carine Chadwick, the president of Tzaneen Bowls Club.
Adriana Jacobs.
>