Jahdin Fleischmann. was die top skut vir die dag. Foto's: Roelof de Jonge

Die Bosveld Jagters en Wildsbewaringsvereniging (BJV) se Letaba-tak op Tzaneen het Saterdag die 10de April ‘n rondomtalie skietdag vir sy lede gehou. ‘n Rits aanloklike pryse het die skuts aangemoedig om in te skryf en daar is met groot ywer meegeding.

Sydney Whitcomb en Megan Strydom.

Dit was egter Jahdin Fleischmann wie die botoon gevoer het deur met 700 punte as die algehele wenner uit die
stryd te tree. Die skut was heel in sy noppies toe hy die eerste prys ter waarde van R10 700 na afloop van die dag se kompetisie in ontvangs geneem het.

Stefan Fourie.

Fleischmann het ‘n splinternuwe 25-06 Howa geweer gewen. Francois Malan, ondervoorsitter van die BJV Letaba-tak en Bryan Hyland, die hoof van dié tak se skiet dissiplines en baanoffisiere, het die pryse aan die onderskeie afdelings se wenners oorhandig. Die totale waarde van die pryse wat gewen kon word, was R25 000.

Ruan Fourie word hier deur JP du Plessis (baanoffisier) in die kleiduifskiet touwys gemaak.

Die tweedeplek algeheel met 680 punte was deur Pieter Bekker behaal met Machiel Pieterse wie in die derdeplek op 650 geëindig het. Daar het ook ‘n aantal vroueskuts hul slag kom wys. Die top skut vanuit die skoonheidsgeledere was Kylie-Rae Eberhard wie 425 punte opgestapel het. In die tweedeplek, ‘n skamele 10 punte agter Eberhard, was Liesel
Roos met 415 punte. Die derdeplek se prys met ‘n totaal van 310 punte was aan Suzette de la Rey oorhandig.

Raymond Dando.
Joubert Fleischmann het die afdeling vir o16 skuts gewen.

In die afdeling vir o/16-skuts, was dit Joubert Fleischmann met 635 punte wie met die eersteplek gespog het. Die prys vir tweedeplek het aan Lyla Stevens gegaan.

John Roch.
Alwin Fleischmann.
>