Eben Fourie. Foto's: Verskaf

Altesaam 25 leerders van die Hoërskool Ben Vorster het aan die Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade se eerste rondte op die 11de Maart deelgeneem.

Aakifa Osmany.

Daar het drie leerders het na die tweede rondte deurgedring wat op die 18de Mei sal plaasvind. Hierdie leerders is Aakifa Osmany (gr.8), Esmi Nortjé (gr.12) en Eben Fourie (gr.12).

Esmi Nortjé.

Die Suid-Afrikaanse Wiskunde Federasie moedig graag leerders aan om aan die Wiskunde Olimpiade deel te neem. Volgens dié federasie gaan Wiskunde oor denke en die ontdekking en validering van metodes en vaardighede om probleme op te los.

>