Freddie Pinto, Hoërskool Ben Vorster.

‘n Aantal atlete van Tzaneen se twee plaaslike hoërskole, Merensky en Ben Vorster, ding vandeesweek by Atletiek Suid-Afrika (ASA) se nasionale skolekampioenskap teen die room van die land se skole-atlete mee.

Reese Coetzee, Hoërskool Merensky.

Hierdie kampioenskapsbyeenkoms wat in die Paarl in die Wes-Kaap gehou word, het Woensdag die 7de April begin en sal die 10de April eindig.

Shaun Roulston, Hoërskool Ben Vorster.

Dié nasionale byeenkoms is egter in omstredenheid gehul. Die ouers van die atlete wie van heinde en verre gereis het om hul kinders te sien deelneem, is ontstoke omrede daar geen regstreekse dekking en beeldsending van hierdie prestige byeenkoms is nie.

Oud-Vossie Jolandi van der Merwe.

Dit beteken dat die ouers slegs na die dag se gebeure eers beelde van die atlete kan sien, andersins vanweë die uitslae wat op ‘n webwerf beskikbaar is na afloop van die dag se gebeure.

Megan-Lee Mans, Hoërskool Ben Vorster.

Die rede vir hierdie ongelukkigheid van die ouers en omstredenheid oor die regstreekse dekking is die feit dat Suid-Afrika se nasionale uitsaaier die alleen-regte het vir dekking van enige nasionale byeenkomste. Die SABC het egter laat weet dat hul nie dekking aan hierdie geleetheid gaan gee nie, maar wil terselfdetyd nie van sy alleenreg vir regstreekse dekking afsien nie.

Paballo Legodi, Hoërskool Ben Vorster.

Daar is wel ‘n private beeldsendmaatskappy wat die atlete verfilm, maar weens die regstreekse uitsaairegte kan die maatskappy eers na die dag se gebeure die filmmateriaal beskikbaar stel. Verskeie atletiek-unies het hul provinsiale byeenkomste sonder geen probleme regstreeks gebeeldsend.

Dit is duidelik dat die administrateurs van ASA geen poging aangewend het om hierdie omstrede kwessie die hoof te bied nie, en bloot die nasionale uitsaaier se afwesigheid aanvaar het sonder om ‘n alternatiewe uitsaaier te vind.

Die oorsprong en blaam vir al hierdie omstredenheid en die feit dat geen toeskouers toegelaat word nie, kan slegs op die meestal belaglike maatreëls van die Covid-19 pandemie geplaas word en die staatsamptenare wat die reëls en regulasies deurvoer. Ten minste het die atlete die geleentheid om naam vir hul self te maak teen die beste van Suid-Afrika.

Die Hoërskool Ben Vorster se atlete wie die Limpopo-span by die SA kampioenskap verteenwoordig is Shaun Roulston (100m en 110m hekkies), Paballo Legodi (100m en 200m), Theto Maake (100m hekkies) en Meghan Mans (gewigstoot en diskus).

Die oud-Vossie leerder wie in 2020 matriek geskryf het, Jolandi van der Merwe, het ook gekwalifiseer het vir die spiesgooi-item vir vroue o/20. Die atlete van die Hoërskool Merensky wie vir die Limpopo-span aan die SA-kampioenskap deelneem is Reese Coetzee (spiesgooi, seuns o/18) en Klara Pretorius (90m hekkies, meisies o/16).

>