Al ses dié hengelaars is leerders van die Hoërskool Merensky. Voor is Ruan Bezuidenhout (gr.11), Magnus Steyn (skoolhoof), Nic Adendorff (gr.12), Dehan Haasbroek (gr.12). Agter is Tristan Dale (gr.11), Joshua Wood (gr.11) en Ryan Wigginton (gr.11). Foto: Hoërskool Merensky

Altesaam ses barshengelaars van die Letaba Bass Masters-klub het onlangs gekwalifiseer om die Junior Noordelike Divisie-span by die SA Junior Nasionale Kampioenskap te verteenwoordig.

Dehan Haasbroek. Foto’s: Letaba Bass Masters

Hierdie hengelaars is Ruan Bezuidenhout, Nic Adendorff, Dehan Haasbroek, Tristan Dale, Joshua Wood en Ryan Wigginton. Die Junior Nasionale Kampioenskap word by die Clan William Dam in die Wes-Kaap gehou en het reeds vanaf die 6de April begin en duur tot Saterdag die 10de April.

Joshua Wood.

Die Noordelike Divisie-span is saamgestel uit 10 hengelaars vanuit Limpopo, Gauteng en Mpumalanga. Wat hierdie prestasie so besonders maak is die feit dat die meerderheid van die span vanuit Letaba Bass Masters afkomstig is.

Nic Adendorff.

En om die kroon te span vir dié prestasie, is al ses die vissermanne leerders by die Hoërskool Merensky. Letaba Bass Masters se hengelaars is vasberade om by hierdie nasionale kampioenskap Protea kleure te verwerf.

Ruan Bezuidenhout.
Tristan Dale.
Ryan Wigginton.
>