Die groep diskus-atlete het ook by afrigter Marna van der Merwe kom kers opsteek.

Twee gesoute Suid-Afrikaanse atletiek-afrigters, Rina van Heerden en Marna van der Merwe, het vanaf die 24ste tot die 26ste Maart die Hoërskool Merensky besoek om spesialis-afrigting aan die atlete van dié skool te gee. Hierdie afrigters het Merensky se atlete die fyner kunsies in veral hekkies, spiesgooi, diskus en gewigstoot geleer.

Die groep gewigstoot-atlete saam met Marna van der Merwe tydens haar besoek aan Merensky.

Van Heerden het in 1993 haar nasionale kleure vir 100m en 400m hekkies verwerf en het in 1994 aan die wêreldkampioenskap teen 96 lande Suid-Afrika verteenwoordig. Sy het ook in 2013 aan die wêreldkampioenskap in Brazilië deelgeneem.

Dié atleet hou steeds die Suid-Afrikaanse Polisie rekord vir die 400m en 100m hekkies items. Sy rig al vir etlike jare hekkies af en neem gereeld ontwikkelingspanne na Europa.

Die spiesgooi-atlete van Merensky met Marna van der Merwe.

Van der Merwe spog ook, behalwe vir haar verskeie grade in sport vir Menslike Bewegingskunde en Biomechanika, ook met ‘n Atletiek Suid-Afrika Vlak 3-kwalifikasie, wat haar in aanmerking kom om afrigtingskursusse wêreldwyd te kan aanbied.

“Die afrigters het met hul inspirasie behoorlik lewe in die afrigters en atlete se planne vir 2021 en daarna geblaas”, het Louis du Preez, bemarkingsbestuurder van die Hoërskool Merensky gesê.

>