Sean Roulston.

Limpopo Atletiek (LIMA) het op die naweek van die 13de Maart die Liga 1-atletiekbyeenkoms op die bane van die Hoërskool Ben Vorster aangebied.

Die voormalige Vossie, Jolandi van der Merwe, tydens haar deelname.

Atlete vanuit 22 klubs van regoor Limpopo het aan dié byeenkoms deelgeneem, en die kompetisie in party van die items, was straf om die minste te sê.

Tshegofatso Ramaloko.

Verteenwoordigers van Atletiek Suid-Afrika (ASA) was ook hier teenwoordig en was veral beïndruk hoe die twee atletiekklubs van Ben Vorster en Nkowankowa hierdie Liga 1-byeenkoms aangebied het. ‘n Aantal van Ben Vorster se atlete het top drie plekke behaal.

Nerize Grobler.

Isabelle Homan het in die 100m en 400m items twee derdeplekke behaal. Kwezi Lubisi het twee tweedeplekke in die hoogspring en verspring items agter haar naam geskryf. Elreze Vorster het ook tweedeplekke in die 300m-hekkies en 90m-hekkies items vermag.

Mixo Nxamulo.

Megan-Lee Mans het met eersteplekke in die diskus en ge-wigstoot items gespog. Vumu Mashele was eerste in haar spiesgooi item en in die gewigstoot item moes sy met die derdeplek tevrede wees.

Elreze Vorster.

Nkoka Mngoni het in haar hoogspring item die hoogste sprong behaal. Sy het in beide die spiesgooi en gewigstoot items die tweede verste afstande bereik.

Megan-Lee Mans.

Nkotobane Rammalo het in haar verspring item die verste spong opgestel en in die 800m het sy in die derdeplek oor die wenstreep genael. Nachandré de Lange moes in die 110m-hekkies item met die derdeplek tevrede wees. Nerize Grobler het die kroon gespan in haar gewigstoot item deur die eersteplek op te raap.

Freddie Pinto.

Dineo Letsoalo het in die 400m-hekkies die vinnigste oor die hindernisse geseil vir die eersteplek en in die 110m-hekkies item was sy tweede oor die wenstreep. Princess Maake het in die 200m en hoogspring items met twee eersteplekke gespog. Sy het dit met twee tweedeplekke in die verspring en 100m items opgevolg.

Mico Nxamulo het die botoon in die 100m en verspring items gevoer met twee eersteplekke.Elsjé Kriel het ‘n stervertoning gelewer deur die 100m, 200m en die 110m-hekkies items se agter haar naam te skryf. Theto Maake het in die 100m-hekkies die eerste-plek geneem en in die 300m-hekkies item was hy tweede oor die wenstreep. Hy het ook die tweede verste sprong vir sy verspring item behaal.

Freddie Pinto het in die 100m-hekkies deelgeneem waar hy met die derdeplek tevrede moes wees. Zander Rikhotso was tweede in die 100m-hekkies item. In die 300m-hekkies en die verspring items het Rikhotso twee derdeplekke bereik.

Elsje Kriel.

Lethabo Sejake was derde in die 200m item. Paballo Legodi het geskitter in die 100m en 200m items met sy twee eersteplekke. Tsegofatso Ramaloko het in die 110m-hekkies item die eersteplek ingeneem en in die 100m item was hy tweede oor die wenstreep.

Sean Roulston het in die 110m-hekkies item deelgeneem waar hy die oorwinning agter sy naam geskryf het. Hy het ook in die 100m item deelgeneem waar hy tweede oor die wenstreep was.

>