Luan Steenkamp van Tzaneen Buiteklub.

Die eerste kampioenskapsrondte van die Limpopo Gholf Unie se amateurliga, die Soutpansberg Ope Toernooi, het Saterdag die 23ste Januarie by die baan van Soutpans-berg Gholfklub op Louis Trichardt in alle erns begin.

Die sikloon Eloise het toe reeds begin aandui sy is op-pad met deurdringende reën wat die spelers probeer van stryk afbring het. Tzaneen Buiteklub se Luan Steenkamp, was egter soos ‘n vis in water in hierdie toestande.

Die toernooi self het ‘n rekord van 75 inskrywings ge-lok. Terwyl sommige spelers geworstel het met die swaar reën en ‘n sopnat baan, het Steenkamp kopgehou met die toestande om uiteindelik met twee houe voor sy naaste teenstander in die eerste rondte voor te loop.

Luan het dié rondte met een hou onder die baan-syfer en 71 houe vir die dag geëindig. Die reën het egter aangehou val en sowat 150mm was by die Soutpansberg Gholfklub gemeet.Voor die aanvang van die tweede rondte op Sondag die 24ste Januarie, het die Limpopo Gholf Unie reeds beslui tSikloon Eloise gaan nie met hierdie toernooi deug nie.

Luan Steenkamp

Daar was toe besluit om die tweede rondte te kanselleer en Steenkamp was as die algehele wenner verklaar. Steenkamp en die ander spelers was gretig om die tweede ronde aan te pak Sondag, maar met die reën was die geleentheid neusie verby.

In die tweede plek met 73 houe was Neil Rathmann van Polokwane Gholfklub. Hy was gevolg deur Antony Hawken van Kameeldoring Gholfklub en Andries Lombard (Polokwane) wie met 74 houe die eerste rondte voltooi het.

Die volgende toernooi is Limpopo Gholf Unie se vlag-skip toernooi, die Limpopo Mans en Vroue Houespel (Strokeplay) Kampioenskap. Hierdie toernooi gaan vanaf die 6de tot 7de Februarie by die baan Polokwane Gholfklub beslis word. Dié Limpopo Houespel Toernooi is oop vir alle mans- en vrouespelers in hierdie provinsie met ‘n voorgee.

Die mans en vroue gaan in afson-derlike afdelings meeding. Om vir die toer-nooi in te skryf, kan spelers op Limpopo Gholf Unie se webtuiste, www.limpopogolfunion.co.za of op Facebook die skakel kry om aan die Limpopo Houespel Toernooi deel te neem.Steenkamp het gesê hy gaan gewis vir dié toernooi inskryf en hoop om sy vorm van die Soutpansberg Ope Toernooi sege na die Limpopo Houespel oor te dra

>

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here