Die gewilde familierestaurant, Panarotti’s, gaan sy Tzaneen-deure op die 31ste Januarie 2021, permanent sluit. Die redes hiervoor is nie heeltemal duidelik nie, maar volgens werknemers by hierdie restaurant besit die eienaar, Werner Nagel, ‘n tweede tak in Pretoria en sal hy sy belange soontoe skuif. Ons kon teen druktyd nie vir Werner aan die hande kry vir kommentaar nie. Hierdie volg na die heel eerste restaurant in die Spur-groep, Golden Spur, in Desember verlede jaar sy deure om finansiële uitdagings na 53-jaar in Nuweland gesluit het. Die Spur-groep sluit Panarotti’s, Spur en John Dory’s restaurant in.
>