Melandri Kleynhans (veearts assistent) en “The Cat Lady” Nydette Liversage (ontvangs) van Serala Diere Kliniek met van die katjies wat tans by hulle beskikbaar is vir aanneming. Foto: Roelof de Jonge

Mense dra so graag kennis oor op sosiale media platforms van die troeteldiere wat hulle nie meer wil hê nie, of hulle verhuis en kan nie meer die troeteldiere aanhou nie. Katte en veral klein katjies is baie gewild op hierdie platforms, maar dit is beslis nie die aange-wendste manier om van enige troeteldier ontslae te raak nie.

Min word daar besef dat elke dorp ‘n instelling het wat met graagte hierdie bondeltjies met hul sagte pelsies sal oorneem om in ‘n liefdevolle huis te woon. Een so ‘n instelling, afgesien van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Tzaneen, is daar Serala Diere Kliniek wat in 4 King Edward Laan gevestig is.

Hier kan mense ‘n verskeidenheid van katte kry. Meeste van die klein katjies is afkomstig van loslopende katte, maar ook mense wie nie nuwe eienaars vir die kleintjies kon kry nie.

Die klein katjies kan vooraf aangeneem word. Dié dierekliniek sal egter die nuwe eienaar later op ‘n geskikte tyd in kennis stel dat die tyd aangebreek het om die kat te kastreer of steriliseer. Indien die kat oud genoeg is, sal die kat in iedergeval hierdie prosedure ondergaan.

Afgesien van die bogenoemde prosedure, kry die katte ook hul eerste inentings wat hulle ondermeer teen wurms en ander katsiektes beskerm. Die kostes om ‘n mannetjiekat aan te neem is R700 en R800 vir ‘n wyfiekat, met al die bogenoemde prosedures en inspuitings ingesluit.

Serala Dierekliniek kan vir navrae by 015 004 0940 geskakel word of besoek hulle graag by 4 King Edward Laan.

>

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here